Dankie Camp Cover vir hierdie mees amazing Vanity! Myne is nou al amper 3 jaar oud, en lyk nog splinternuut al ons is gedurig op een of ander kamp-naweek. Ek hou hom sommer ge-stock, binne in my karavaan - net reg om te haak-en-ry. Alles wat ek nodig het pas perfek daarin. Ek het hierdie Vanity al aan baie van my vriendinne "bemark" en as ek sien, dan het nog 'n vriendin een gekoop. Ek het ook vir my dogter, en ook my seun se meisie elkeen een daarvan gekoop. Goeie kwaliteit en waarde vir geld! Dankie Camp Cover!! :)